Gee jou kind die beste begin in hierdie liefdevolle fantasie paradys
As werkende ouer voel jy skuldig en bekommerd…

Ons verstaan jou
Ons is ook ouers en verstaan die omstandighede waardeur julle gaan. Ons weet julle soek gemoedsrus en daarom gaan ons uit ons pad uit om ‘n veilige en liefdevolle tweede huis vir jou kind te skep.
Met jare se ondervinding in vroeë kinderontwikkeling, gekwalifiseerde onderwysers en ‘n bewese rekord van kinders wat suksesvol Graad R begin.
Gekwalifiseerde Onderwysers
Christelike Waardes
Jare se ondervinding
Bewese Sukses
Fotos





Moenie jou kind se beste jare laat verbygaan nie
Sonder die regte voorbereiding loop jou kind gevaar om nie gereed te wees vir Graad R nie. Hulle mis uit op ‘n uitsonderlike kleuterskoolervaring in ons fantasieparadys waar kinders vrede en blydskap ervaar ten spyte van die gejaagde stadslewe.
Meer oor ons
Oor Kabouterbos
Gestig met die visie om ‘n liefdevolle tweede tuiste te skep waar elke kind kan groei en ontwikkel in ‘n Christelike omgewing. Ons span toegewyde personeel is geroepe en passievol oor vroeë kinderontwikkeling
Ons missie: Om elke kind die beste begin te gee in ‘n Christelike en liefdevolle omgewing.

Chané van der Westhuizen
Hoof

Natasha Fivaz
Assistent

George Munyai
Tuinier

